Herderspaar
													
Pastoor Willie Trytsman is die Presiderende Pastoor van die gemeente sedert Februarie 2020. Hy het sy BTh graad verwerf en by verskeie gemeentes as mede-leraar bedien sedert 2010. Hy is getroud met Marita wat skouer aan skouer saam met hom in die bediening funksioneer, sy het ‘n Hoër Sertifikaat in Christelike Berading verwerf.
Hulle het ‘n sterk herders bediening wat omsien na hul kudde en fokus op die gesin struktuur as die kleine gemeente binne die liggaam van Christus. Daarom is die bemagtiging van die lede binne die gesin belangrik ten einde gefokusde Christelike lewens wat die gemeenskap impakteer te kan leef. Vir die doel vind lering deur prediking plaas, kursusse word ontwikkel en aangebied en gemeeskapsbetrokkenheid bewerk.
Hulle glo dat die Goddelike gawes deur die Heilige Gees aan mense toegedeel word, bygevolg word geleentheid verskaf vir geestelike groei sodat elke lidmaat binne die liggaam van Christus doelmatig demonstratief Christus kan uitleef aan ‘n honger en dors gemeenskap.
